I'm a Writer

Writing came natural to me, as I had a lot of time on my own as a child and I learned very young to write down my thoughts. 


 Here is an extraction from some of my writing.

 http://blogs.women24.com/BlackIris/depression

Depression

(Another way to look at it.)

By Sonette Bosch

 

Depression is seen as an illness of the Spirit-Soul, often referred to as a troubled soul. The body function properly, but the mind dwells on problems and issues that is filled with emotions. It is when the Spirit-Soul and the mind enters in conversation.

 

As they both don't need sleep, these conversations can go on for days, ignoring all practical functions of the body and the mind just care for the basic needs of the body. That is when you feel like you're like an automate, doing things automatically – no active thought that's going in doing things. That was when you think, “Gee, how did I do that without thinking!” The feeling of missing time, yet what was needed to be done, was done. That is when your Guiding Spirits are truly at work, as they nudge you in the right direction, softly give instructions and look out for you. That is when you are in the hands of the Universe's God.

 

It is the same as when you program the Microwave oven to do the roast. It first defrost for a period of time, then it automatically switch over to cooking sequence, until the roast is done, and you just need to carve and serve it. No checking needed until the 2 hours is over! So does our minds put the body too on autopilot and it then follows previous given instructions that was programmed.

 

How many mornings do you wake up, following a routine and when you are halfway through it, you start to come too? That is when you follow a program. You will do the routine, but when the Spirit-Soul and Mind is in conversation, then even those actions can turn out to be just the basics. In severe cases even the basics of the routine can be compromised and you might forget to comb your hair, brush your teeth, and you carry on in a haze, doing the bare basics and as soon as everything becomes quiet around you and all is done that was necessary, your body is instructed to go into slow-mo or just to “park” yourself somewhere. When you've parked yourself somewhere safely, that is when the conversation between Spirit-Soul and Mind can carry on undisturbed.

ON A LIGHTER NOTE ... 

HOPE YOU CAN UNDERSTAND MY AFRIKAANS

BEPEINSING op 50 - SO TONG IN DIE KIES

Hier sit ek mos so ewe op my eentjie, gevoude hande nes 'n ou vrou ... "Ou vrou se dinges ... Ek is g'n oud nie!  Nee, ek het maar net so pas die 50 jaar mylpaal bereik en nou word ek nog boonop op pensioen gesit .... Gmf!"  


Ek kyk na my beertjie slippers wat so by my broekspype uitloer.  Die goedjies het darem so oulik gelyk toe ek hulle persent gekry het.  Ek het kompleet soos 'n dogtertjie gevoel en het selfs my gesig in die snoesige vlees ingedruk.   Kyk, ek moet nou bieg ... ek is mal oor bere ... daai snoesige bere wat soos bere lyk, nie die sommer-so pink, blou en watter kleur ookal nie, nee, die propperse bruines.  Ja, die wat amper soos Rupert the Bear lyk.  Het jy al gevoel jy wil hulle net 'n ou drukkie gee?  Ek doen, Supermark of nie, 'n drukkie kry hy.  My vriende ken my mos ook so en lag maar vir my, maar 'n Beer is vir my 'n drukding.  


Vriende is dierbare mense.  Kyk nou my maatjie van langsaan.  Sy het vir my selfs 'n tamaaie beer gekoop en toe doop ek hom Sebastiaan.  die naam het 'n storie, maar dis nie vir nou nie.   Maar die maatjie van my is my ousus en my maat en kan ons 'n hond uit 'n bos babbel as ons die dag kuier, maar deesdae loer ons sommer gou so oor die muur na mekaar en soms ry ons gou dorp toe.  Dis inhaal vir 'n vale, want ons het mos 'n lewe en dis propvol ... van rumatiek in die hande tot by die nuutste oulikgeid van die kleinkinders.  En as jy mos nou lank genoeg belangstel, pluk ek dalk 'n ou fototjie van enetjie uit wat ek in my beursie hou, of dalk die hele spul uit my oorgrote handsak wat soos 'n dooie baksteen aan my skouer hang en kan ek jou vertel van elk se dinge.


Maar mens, ons het nou mos hope tyd ...Gmf ... so dink almal mos.  Weet hulle nie dat ons geleer het om nie meer te jaag nie.  Dis 'n gejaag diekant toe en dan weer 'n gejaag daai kant toe!  Vir wat?!  Net om die nuutste kar te kan koop?  Nee wat, so jaag jy jou lewe verby.  My 1984 Mazda 323 bring my net waar ek wil wees en is lig op brandstof boonop!! Wie wil nou nekbreek vinnig ry as die reaksies al so aksie stadig is.  Dis net moeilikheid soek en vir die tronk sien ek nou nie kaans nie.  


Dis mos nou 'n ander ding.  Tronke.  Daar is nou wel die gewone tronke, maar dis die tronke sonder mure wat my aan die dink het.  Sien, daar is mos daai mense ... Nee los maar, hier gaan ek nou in 'n rigting dink wat dalkies net die humeure kan laaat opvlam.  


Nee wat, laat ek vir my 'n ou Rooibossie gaan maak om te drink.  Die sinus pille kan tog so mens uitdroog ... besoek skoon die kleinhuisie minder ... nie dat dit goed is nie, want dan swel die hande en voete weer so.  Nee jong, dan kom ons mos nou by die artritis en die hart ... ja, pille vir dit drink ek ook en ja, die kollestrol pille ook en dan as die senuwee pla, so 'n kalm maak dingetjie en ek bedoel nou nie drank nie want die goed maak my nie kalm nie ... o nee, as dit goed werk is ek sommer weer laf verby en as dit nie werk nie, is ek bedonderd soos tien verby.  Nee wat, ek hou verby en bly my selwers.  Ek word hoeka gese ek het nukke en grille, kan jy jou indink as ek nog ander geestige grille en nukke moet bykry!  Nee, los maar.


Die teetjie is darem lekker so soet en swart.  Nee, ek hou van my melk, maar net so, soos toe ek klein was daar op die plaas. Mens, ek kon glase melk opdrink, kompleet soos 'n boklam wat die heeldag gesnoep was.  Die dat ek nog my eie tande het ... of 70% daarvan.  Sien, ek het mos nie geluister na my ouers se goeie raad nie ... "Moenie drade afbyt met jou tande nie, moenie harde goed kou nie, moenie dit as 'n tang gebruik nie ... moenie, moenie, moenie."  En dan word mens mos doof en baie slim.  Dis mos handige gereedskap naby en hoekom nie.  Vandag weet ek.  Dis die voorste tande wat nou sulke kepe in het van die draad en gare afbyt.  Dis die kiestande wat nou nie meer daar is nie, want hul het gekraak en sleg geword en trek was al genade.  Dis die ander sterk tande wat ingespan was as tang en nou is hul ook party al daarmee heen.  Maar tog is ek bly ek het nog my tande want ek gril my mors dood vir kunsgebit. Dit laat my mos dink ...


Hehehe, daar kry ons mos oorlede Mamma se tande netjies in 'n kant sakdoekie in haar kas se laai.  Oorlede Pa vra of ek dit wil he aangesien ek al haar goedjies kry.  Die seuns trek mos ook neus op en die skoondogters vlug gou.  Nou sit ek ... "Heng Pappa, wat gaan ek tog met dit maak?"  Ek het so 'n vinnige loertjie gevat en die tandjies is al kort gemaal en daai pink plastiek verhemelte laat die kriewels sommer so oor my rug en bene gaan en die nek se hare staan regop.  Ek vou vinnig die kant sakdoekie toe, druk dit so tussen die ander goedjies in en se ek sal eerder later die goedjies kom inpak.  Later het ek gaan inpak, maar die tande in die sakdoekie het heel onder in die karton doos beland en daar het dit vir baie jare gebly.  Ek was net bang die goed begin my skel as ek so lui op my bed le en sluimer en dagdroom hier by drie uur die middag se kant. Hehehe.


Maar die dagdroom is maar min eintlik.  Ek het mos nie 'n ding vir ledig wees nie.  Kan selfs nie lank genoeg stilsit om die sepies te kyk nie.  Heng, ek weet nou nie eens meer wat gaan op 7de Laan aan nie!  Maar gee my 'n aksie met 'n storie, dan kan ek lekker verdiep raak.  Maar my hande moet besig bly ... ek hekel of brei maar so tussen deur.  


Ja-a, ek kan hekel.  Min mense van my portuur kan.  Selfs die jonges van vandag dink mos dat daai mooi goedjies net uit ander lande gekoop kan word.  Nee jong, dis 'n kuns en kuns en ek is soos een perd.  Ek hou tog so van kuns.  Skilder so bietjie self en maak bietjie kralegoed wat blink, ag en wat nog.  Solank dit mooi maak en 'n doel het.  Ek staan mos ook Saterdag by die "Arts & Crafts Market".  Sommer pleinweg gese ... Vlooimark, maar hier is nie eens 'n vlooi te koop nie. Die weer is nie altyd lekker nie, maar ek kuier tog te lekker so tussen almal.  Mens raak soos een groot famielie.  Dit stop darem ook die ou gatjies toe en dis darem melk en brood geld.  Ek sal nou willeswaar nie ryk word nie, maar waarom wil ek ryk wees?  Ek kan met min klaarkom en as dit nou die einde van die ou aarde moet wees, sal ek nie swaar kry nie want ek ken van elende en swaar kry.   Dit laat my mos onthou van daai tyd ....


Ja toemaar... ek sal maar nie verder babbel nie ... dis in elk geval nou slaaptyd.  Netnou maak ek nie 'n oog toe nie en sit ek nog kers regop as die haan van die lastige buurman oorkant die straat sy keel begin skoonmaak vier uur in die more.  Die ding dink hy moet mos elke uur aanmeld, begin al soms hier van twee uur af en so hou hy aan tot die dag breek.  Met so 'n tydhouer, wie het 'n horlosie nodig.  Dis net die mynfluit wat die dag onderbreek in dele en wat ek tred hou wat nou moet gebeur.  Maar so terwyl die haan nog slaap en daar geen mynfluit is nie, laat ek maar my alie in die bed kry.  Mens kan nou nie ongewas in die kooi gaan klim nie en voordat die honde begin gesels, laat ek maar groet en my "laptop" toemaak en aanstaltes maak.


Greotnis tot volgende keer! 


This is some of my less serious stuff and I hope you could share it with a smile.  I would not try to translate it, because there is things you say in Afrikaans that is just not sensible or repeatable in English.  And because I grew up in the old language and way of saying things, it is still very much part of me in Afrikaans.  


If you liked it, share it!


Now with the Covid 19 Lock Down, I started a Whats-App group   "21 Day Activity Group For Kids" .  Appart that there are two teachers that assisting me in the activities, my part is to tell the story at the end of the activities.  I never prepare beforehand and it come out raw.  The kids love it.  

Make a free website with Yola